Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 15:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het die Gees van God op Asárja, die seun van Oded, gekom;

2. en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die Here is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.

3. En daar was baie dae dat Israel sonder die ware God was en sonder ’n lerende priester en sonder wet.

4. Maar as hulle in die nood hul tot die Here, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.

5. En in dié tye was daar geen vrede vir wie uit- of ingegaan het nie, maar groot beroering oor al die inwoners van die lande;

6. en nasie het teen nasie en stad teen stad gebots, omdat God hulle deur allerhande nood in verwarring gebring het.

7. Wees julle dan sterk, en laat julle hande nie slap hang nie, want daar is loon volgens julle werk.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 15