Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 14:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Abía het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Asa het in sy plek koning geword. In sy dae het die land tien jaar gerus.

2. En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die Here sy God:

3. hy het die vreemde altare en die hoogtes verwyder en die klippilare stukkend gebreek en die heilige boomstamme omgekap

4. en aan Juda gesê om die Here, die God van hulle vaders, te soek en om die wet en die gebod te doen.

5. Ook het hy uit al die stede van Juda die hoogtes en die sonpilare verwyder, en die koninkryk het gerus onder hom.

6. Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die Here hom rus verskaf het.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 14