Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 11:15-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het.

16. En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die Here, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die Here, die God van hulle vaders, te offer;

17. en hulle het die koninkryk van Juda versterk en Rehábeam, die seun van Salomo, drie jaar lank bemoedig; want drie jaar lank het hulle in die weg van Dawid en van Salomo gewandel.

18. En Rehábeam het Maglat, die dogter van Jérimot, die seun van Dawid, en van Abíhail, die dogter van Elíab, die seun van Ísai, vir hom as vrou geneem.

19. En sy het vir hom seuns gebaar: Jehus en Semárja en Saham.

20. En ná haar het hy Máäga, die dogter van Absalom, geneem, en sy het vir hom Abía en Áttai en Sisa en Selómit gebaar.

21. En Rehábeam het Máäga, die dogter van Absalom, liewer gehad as al sy vroue en sy byvroue; hy het naamlik agttien vroue geneem en sestig byvroue; en hy het die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword.

22. En Rehábeam het Abía, die seun van Máäga, as hoof, as vors onder sy broers aangestel; want hy wou hom koning maak.

23. En hy het verstandig gehandel en van al sy seuns versprei in al die streke van Juda en Benjamin, in al die versterkte stede, en aan hulle voedsel in oorvloed gegee en ’n menigte vroue vir hulle gevra.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 11