Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:22-29 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

22. So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword.

23. En die verdere geskiedenis van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

24. En Joram het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

25. In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, koning geword.

26. Twee-en-twintig jaar was Ahásia oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Atália, die dogter van Omri, die koning van Israel.

27. En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.

28. En hy het met Joram, die seun van Agab, in die oorlog saamgetrek by Ramot in Gílead teen Hásael, die koning van Aram; maar die Arameërs het Joram gewond.

29. En koning Joram het teruggegaan om hom in Jísreël te laat genees van die wonde wat die Arameërs hom toegebring het by Rama in die oorlog teen Hásael, die koning van Aram; en Ahásia, die seun van Jehóram, die koning van Juda, het afgekom om Joram, die seun van Agab, in Jísreël te besoek, want hy was siek.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8