Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:13-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. sê hy vir hom: Vra haar tog: Kyk, jy het al hierdie sorg aan ons bestee; wat kan daar vir jou gedoen word? Kan daar vir jou ’n goeie woord gedoen word by die koning of die leërowerste? Maar sy antwoord: Ek woon onder my volk.

14. Daarop sê hy: Wat kan daar dan vir haar gedoen word? En Gehási antwoord: Voorwaar, sy het geen seun nie, en haar man is oud.

15. En hy sê: Roep haar. En toe hy haar geroep en sy in die deur gaan staan het,

16. sê hy: Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie!

17. En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar op daardie tyd oor ’n jaar, soos Elísa met haar gespreek het.

18. Maar toe die kind groot was, het hy op ’n dag uitgegaan na sy vader, na die maaiers,

19. en vir sy vader gesê: My kop, my kop! Dié sê toe vir ’n dienaar: Dra hom na sy moeder.

20. En hy het hom gedra en by sy moeder gebring. En hy het op haar knieë gesit tot die middag en gesterwe.

21. En sy het opgeklim en hom op die bed van die man van God neergelê en agter hom toegesluit en uitgegaan.

22. Daarop roep sy haar man en sê: Stuur tog vir my een van die dienaars met een van die eselinne, dat ek gou na die man van God kan gaan en terugkom.

23. En hy sê: Waarom gaan jy vandag na hom? Dit is geen nuwemaan of sabbat nie. En sy antwoord: Wees maar gerus!

24. Toe saal sy die esel op en sê aan haar dienaar: Jaag aan en gaan voort; hou my nie op in die ry nie, behalwe as ek jou sê.

25. Sy het dan weggegaan en by die man van God op die berg Karmel gekom. Sodra die man van God haar op ’n afstand sien, sê hy aan sy dienaar Gehási: Kyk, daar is dié Sunamitiese vrou!

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4