Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 4:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ’n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die Here gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.

2. Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie.

3. En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie.

4. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is.

5. Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in.

6. Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan.

7. Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 4