Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:1-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.

2. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.

3. Maar hy het die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.

4. En Mesa, die koning van Moab, was ’n skaapboer, en hy het aan die koning van Israel gelewer honderdduisend lammers en honderdduisend ramme se wol.

5. Maar ná die dood van Agab het die koning van Moab van die koning van Israel afvallig geword.

6. En in dieselfde tyd het koning Joram uit Samaría uitgetrek en die hele Israel gemonster.

7. Ook het hy Jósafat, die koning van Juda, laat weet: Die koning van Moab het van my afvallig geword; sal u saam met my trek om teen die Moabiete te veg? En hy antwoord: Ek sal optrek; ek sal wees soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3