Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:3-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. Sekerlik het dit volgens die bevel van die Here oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4. en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou die Here nie vergewe nie.

5. En die verdere geskiedenis van Jójakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6. En Jójakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jójagin het in sy plek koning geword.

7. En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8. Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehústa, ’n dogter van Élnatan, van Jerusalem.

9. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos sy vader gedoen het.

10. IN dié tyd het die dienaars van Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24