Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 24:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tienduisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

15. En hy het Jójagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16. En al die mense van vermoë, seweduisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer — dié het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

17. EN die koning van Babel het Mattánja, die oom van Jójagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedekía.

18. Een-en-twintig jaar was Sedekía oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamútal, ’n dogter van Jeremia, uit Libna.

19. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here net soos Jójakim gedoen het.

20. Want weens die toorn van die Here het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 24