Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die Here was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die Here uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.

15. En koning Agas het hom, die priester Uría, bevel gegee en gesê: Steek op die groot altaar aan die brand die môrebrandoffer en die aandspysoffer en die koning se brandoffer en sy spysoffer en die brandoffer van die hele volk van die land en hulle spysoffer en hulle drankoffers; en gooi al die bloed van brandoffers en al die bloed van slagoffers daarteen uit; maar die koperaltaar sal vir my wees om verder te oorweeg.

16. En die priester Uría het gedoen net soos koning Agas beveel het.

17. En koning Agas het die sluitplate van die afspoelwaentjies weggesny en die waskom van hulle afgeneem, en die see het hy van die koperbeeste wat daaronder was, afgelig en dit op ’n klipvloer gesit.

18. En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die Here verwyder ter wille van die koning van Assirië.

19. En die verdere geskiedenis van Agas, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20. En Agas het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van Dawid, en sy seun Hiskía het in sy plek koning geword.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16