Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 12:10-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die Here gevind is.

11. En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die Here aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die Here gewerk het,

12. en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die Here te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.

13. Ewenwel is daar in die huis van die Here geen silwerskottels, messe, komme, trompette — enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die Here gebring is nie.

14. Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die Here te herstel.

15. En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

16. Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die Here gebring nie; dit was vir die priesters.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 12