Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:12-22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.

13. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.

14. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.

15. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.

16. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.

17. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.

18. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie.

19. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees,

20. dat ons ook kan wees soos al die nasies — dat ons koning ons kan rig en voor ons uit trek en ons oorloë voer.

21. En Samuel het al die woorde van die volk aangehoor en dit voor die ore van die Here uitgespreek.

22. Toe sê die Here vir Samuel: Luister na hulle en stel ’n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8