Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:10-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Samuel het toe al die woorde van die Here oorgebring aan die volk wat ’n koning van hom gevra het.

11. En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;

12. en om hulle vir homself aan te stel as owerstes oor duisend en owerstes oor vyftig, en om sy land te ploeg en om sy oes in te samel, en om sy oorlogswapens en gereedskap vir sy strydwaens te maak.

13. Ook julle dogters sal hy neem as salfmengsters en as kooksters en baksters.

14. En van julle lande en julle wingerde en julle olyfboorde sal hy die beste neem en aan sy dienaars gee.

15. En van julle saailande en julle wingerde sal hy die tiendes neem en dit aan sy hofdienaars en sy dienaars gee.

16. En julle slawe en slavinne en julle beste jongmanne en julle esels sal hy neem en vir sy werk gebruik.

17. Van julle kleinvee sal hy die tiendes neem, en self sal julle sy slawe wees.

18. En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die Here sal julle in dié dag nie verhoor nie.

19. Maar die volk het geweier om na Samuel te luister en gesê: Nee, maar daar moet ’n koning oor ons wees,

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8