Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe Samuel oud was, het hy sy seuns as rigters oor Israel aangestel.

2. Die naam van sy eersgeborene was Joël, en die naam van sy tweede Abía, rigters in Berséba.

3. Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.

4. Toe kom al die oudstes van Israel bymekaar, en hulle gaan na Samuel in Rama

5. en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou ’n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies.

6. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons ’n koning om ons te rig, en Samuel het tot die Here gebid.

7. Toe sê die Here vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.

8. Soos al die werke wat hulle gedoen het, van dié dag af dat Ek hulle uit Egipte laat optrek het tot vandag toe, dat hulle My verlaat en ander gode gedien het — so doen hulle ook met jou.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8