Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 31:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Daarna het hulle sy wapens in die Astárte-tempel neergelê, maar sy lyk teen die muur van Bet-San vasgeslaan.

11. Toe die inwoners van Jabes in Gílead daarvan hoor — wat die Filistyne aan Saul gedoen het —

12. het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-San afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand.

13. En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 31