Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 28:11-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom? En hy sê: Laat Samuel vir my opkom.

12. Maar toe die vrou Samuel sien, skreeu sy hardop, en die vrou het met Saul gespreek en gesê: Waarom het u my bedrieg? Want u is Saul self.

13. En die koning antwoord haar: Wees nie bevrees nie; maar wat sien jy? En die vrou sê vir Saul: Ek sien ’n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.

14. Hy vra haar toe: Hoe is sy voorkoms? En sy antwoord: ’n Ou man kom op met ’n mantel om. Toe Saul begryp dat dit Samuel is, buig hy met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

15. En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.

16. En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die Here van jou gewyk en jou vyand geword het?

17. Die Here het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die Here het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 28