Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 25:40-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

40. Toe het die dienaars van Dawid by Abígail gekom in Karmel en met haar gespreek en gesê: Dawid stuur ons na u om u vir hom as vrou te neem.

41. En sy het opgestaan en met haar aangesig na die aarde gebuig en gesê: Hier is u dienares as slavin om die voete van my heer se dienaars te was.

42. Abígail maak toe gou klaar, en sy het op die esel gery met haar vyf diensmeisies wat op haar voetspoor volg, en agter die boodskappers van Dawid aangegaan. En sy het sy vrou geword.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 25