Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 24:5-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die Here aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.

6. Maar daarna het Dawid se gewete hom gepla, omdat hy die slip van Saul afgesny het,

7. en hy het aan sy manne gesê: Mag die Here my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die Here, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die Here.

8. En Dawid het sy manne streng bestraf en hulle nie toegelaat om teen Saul op te staan nie. En Saul het uit die spelonk uit opgestaan en sy koers gegaan.

9. Daarna staan Dawid ook op en gaan uit die spelonk uit en roep agter Saul aan en sê: My heer die koning! Toe Saul agter hom omkyk, buig Dawid met sy aangesig na die aarde toe en val neer.

10. En Dawid sê vir Saul: Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: Kyk, Dawid soek u onheil?

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 24