Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 23:25-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

26. En Saul het aan hierdie kant van die berg getrek, maar Dawid met sy manne was aan die ander kant van die berg. En toe Dawid in angs vlug om van Saul weg te kom, terwyl Saul en sy manne Dawid en sy manne omsingel om hulle te vang,

27. kom daar ’n boodskapper by Saul en sê: Maak gou en kom, want die Filistyne het ’n inval in die land gedoen.

28. Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 23