Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 21:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Dawid het in Nob gekom by die priester Ahiméleg; en Ahiméleg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?

2. En Dawid sê aan die priester Ahiméleg: Die koning het my ’n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars ’n sekere plek aangewys.

3. Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 21