Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 2:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die Here, my horing is hoog in die Here; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.

2. Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.

3. Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die Here is ’n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 2