Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 19:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DAARNA het Saul met sy seun Jónatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jónatan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou;

2. en Jónatan het dit aan Dawid meegedeel en gesê: My vader Saul soek geleentheid om jou dood te maak: pas dan nou môre vroeg op en hou jou verborge en steek jou weg.

3. Dan sal ek uitgaan en langs my vader gaan staan in die veld waar jy is, en ek sal met my vader oor jou spreek; en as ek iets sien, sal ek jou dit meedeel.

4. Jónatan het toe goed van Dawid gespreek by sy vader Saul en vir hom gesê: Laat die koning hom tog nie besondig aan sy dienaar Dawid nie, omdat hy nie teen u gesondig het nie, en omdat sy handelwyse u geheel ten goede kom:

5. hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die Here het aan die hele Israel ’n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?

6. En Saul het na Jónatan geluister, en Saul het gesweer: So waar as die Here leef, hy sal nie gedood word nie!

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 19