Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 18:21-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Want Saul het gedink: Ek sal haar aan hom gee, dat sy vir hom ’n strik kan wees en dat die hand van die Filistyne teen hom kan wees. Daarom het Saul vir Dawid gesê: Vir die tweede keer kan jy vandag my skoonseun word!

22. En Saul het sy dienaars bevel gegee: Spreek met Dawid in die geheim en sê: Kyk, die koning hou van jou, en al sy dienaars het jou lief: word nou maar die koning se skoonseun.

23. Die dienaars van Saul het toe hierdie woorde voor die ore van Dawid gespreek; maar Dawid het gevra: Is dit ’n kleinigheid in julle oë om die skoonseun van die koning te word, terwyl ek ’n arm en geringe man is?

24. En die dienaars van Saul het hom dit meegedeel: Sulke woorde het Dawid gespreek.

25. Toe sê Saul: So moet julle aan Dawid sê: Die koning het behae in geen ander bruidsprys as honderd voorhuide van Filistyne nie, as wraakneming op die vyande van die koning. Saul het naamlik daarop gereken om Dawid te laat val deur die hand van die Filistyne.

26. Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. En voordat die dae verstreke was,

27. het Dawid hom klaargemaak en met sy manne uitgetrek, en hulle het tweehonderd man onder die Filistyne doodgeslaan; en Dawid het hulle voorhuide gebring en dit is voltallig aan die koning afgegee, sodat hy die koning se skoonseun kon word. Daarop het Saul aan hom sy dogter Migal as vrou gegee.

28. Toe Saul sien en merk dat die Here met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet,

29. het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae.

30. En die vorste van die Filistyne het uitgetrek; en so dikwels as hulle uittrek, het Dawid meer voorspoed gehad as al die dienaars van Saul, sodat sy naam hooggeëerd was.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 18