Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 14:46-52 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

46. Daarna het Saul agter die Filistyne teruggetrek, en die Filistyne het na hulle plek gegaan.

47. SO het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

48. En hy het hom dapper gedra: hy het Ámalek verslaan en Israel gered uit die hand van sy berower.

49. En die seuns van Saul was Jónatan en Jiswi en Malkisúa, en die naam van sy twee dogters: die naam van die oudste was Merab, en die naam van die jongste Migal.

50. En die naam van Saul se vrou was Ahínoam, ’n dogter van Ahímaäs; en die naam van sy leërowerste was Abner, die seun van Ner, die oom van Saul.

51. En Kis was die vader van Saul, en Ner, die vader van Abner, was die seun van Abíël.

52. Die oorlog teen die Filistyne was hewig al die dae van Saul; en waar Saul ook ’n held of ’n dapper man sien, het hy hom by hom opgeneem.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 14