Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:34-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.

35. En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.

36. En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab

37. en Gedor en Agjo en Sagaría en Miklot.

38. En Miklot was die vader van Símeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.

39. En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.

40. En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9