Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9:27-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.

28. En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.

29. En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.

30. En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.

31. En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.

32. En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.

33. En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.

34. Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.

35. En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 9