Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:2-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. die vierde, Noha; en die vyfde, Rafa.

3. En Bela het seuns gehad: Addar en Gera en Abíhud

4. en Abisúa en Naäman en Ahóag

5. en Gera en Sefúfan en Huram.

6. En dit was die seuns van Ehud (hulle was hoofde van families van die inwoners van Geba, en hulle is in ballingskap na Manáhat weggevoer —

7. Naäman en Ahía en Gera het hulle in ballingskap weggevoer); en hy was die vader van Ussa en van Ahíhud.

8. En Saharáim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Báära verstoot het, die vader van kinders geword:

9. by sy vrou Hodes was hy die vader van Jobab en Sibja en Mesa en Malkam,

10. en Jehus en Sagía en Mirma; dit was sy seuns, hoofde van families.

11. En by Husim was hy die vader van Abítub en Elpáäl.

12. En die seuns van Elpáäl was: Eber en Míseam en Semed; hy het Ono en Lod met sy onderhorige plekke gebou;

13. en Bería en Sema; hulle was hoofde van families van die inwoners van Ájalon; hulle het die inwoners van Gat verjaag;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8