Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:27-37 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

27. sy seun was Nun, sy seun Josua.

28. En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

29. En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Sean met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

30. DIE seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.

31. En die seuns van Bería was Heber en Málkiël; hy was die vader van Birsájit.

32. En Heber was die vader van Jaflet, en van Somer en Hotam en Sua, hulle suster.

33. En die seuns van Jaflet was: Pasag en Bimhal en Aswat; dit was die seuns van Jaflet.

34. En die seuns van Semer was: Ahi en Róhega, Jehúbba en Aram.

35. En die seuns van sy broer Helem was: Sofag en Jimna en Seles en Amal.

36. Die seuns van Sofag was: Suag en Harnéfer en Sual en Beri en Jimra,

37. Beser en Hōd en Samma en Silsa en Jitran en Beëra.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7