Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:16-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En Máäga, die vrou van Magir, het ’n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

17. En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.

18. En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.

19. En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.

20. EN die seuns van Efraim was Sutélag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,

21. en sy seun Sabad, en sy seun Sutélag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.

22. Daarom het hulle vader Efraim baie dae lank gerou, en sy broers het gekom om hom te troos.

23. Daarna het hy by sy vrou ingegaan, en sy het swanger geword en ’n seun gebaar; en hy het hom Bería genoem, omdat dit tydens ’n onheil in sy huis gebeur het.

24. En sy dogter was Séëra; en sy het Bet-Horon-Onder en -Bo gebou, en Ussen-Séëra.

25. En sy seun was Refag, en Resef, en sy seun Telag, en sy seun Tahan;

26. sy seun Láedan; sy seun Ámmihud; sy seun Elisáma;

27. sy seun was Nun, sy seun Josua.

28. En hulle besitting en hulle woonplekke was Bet-el met sy onderhorige plekke; en teen die ooste Náäran, en teen die weste Geser met sy onderhorige plekke; en Sigem met sy onderhorige plekke tot by Ajja met sy onderhorige plekke.

29. En onder die bestuur van die seuns van Manasse was Bet-Sean met sy onderhorige plekke, Táänag met sy onderhorige plekke, Megíddo met sy onderhorige plekke, Dor met sy onderhorige plekke. Hierin het die seuns van Josef, die seun van Israel, gewoon.

30. DIE seuns van Aser was: Jimma en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7