Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:14-20 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. DIE seuns van Manasse was Ásriël wat sy vrou gebaar het; sy Aramese byvrou het Magir gebaar, die vader van Gílead;

15. en Magir het van Huppim en Suppim ’n vrou geneem; die naam van sy suster was Máäga. En die naam van die tweede was Selófhad; en Selófhad het dogters gehad.

16. En Máäga, die vrou van Magir, het ’n seun gebaar, en sy het hom Peres genoem; en die naam van sy broer was Seres, en sy seuns was Ulam en Rekem.

17. En die seuns van Ulam was Bedan; dit is die seuns van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse.

18. En sy suster Moléket het Ishod en Abiëser en Magla gebaar.

19. En die seuns van Semída was: Agjan en Segem en Likhi en Aníam.

20. EN die seuns van Efraim was Sutélag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7