Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:17-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.

18. En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël.

19. Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:

20. van Gersom — sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,

21. sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.

22. Die seuns van Kehat was: sy seun Ammínadab, sy seun Korag, sy seun Assir,

23. sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,

24. sy seun Tahat, sy seun Úriël, sy seun Ussía, en sy seun Saul.

25. En die seuns van Élkana was: Amásai en Áhimot en Élkana;

26. die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,

27. sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.

28. En die seuns van Samuel: die eersgeborene Joël, en die tweede Abía.

29. Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;

30. sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.

31. En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die Here vandat die ark ’n rusplek gevind het.

32. En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die Here in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.

33. En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

34. die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6