Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:40-43 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

40. En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;

41. en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.

42. Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyfhonderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ússiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.

43. En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Ámalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4