Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIT was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;

2. die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;

3. die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.

4. Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3