1. DIT was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;
2. die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Talmai, die koning van Gesur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;
3. die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.
4. Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie-en-dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.
5. En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Salomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ámmiël.
6. Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet
7. en Noga en Nefeg, en Jáfia
8. en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege —
9. almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster.
10. En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;
11. sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;
12. sy seun was Amásia; sy seun was Asárja; sy seun was Jotam;
13. sy seun was Agas; sy seun was Hiskía; sy seun was Manasse;
14. sy seun was Amon; sy seun was Josía.
15. En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.
16. En die seuns van Jójakim was: Jegónja, sy seun, Sedekía, sy seun.