Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:2-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. En Meselémja het seuns gehad: Sagaría, die eersgeborene, Jedíael, die tweede, Sebádja, die derde, Játniël, die vierde,

3. Elam, die vyfde, Jóhanan, die sesde, Eljehóënai, die sewende.

4. Obed-Edom het ook seuns gehad: Semája was die eersgeborene, Jósabad die tweede, Joag die derde en Sagar die vierde en Netáneël die vyfde,

5. Ámmiël die sesde, Íssaskar die sewende, Peülletai die agtste; want God het hom geseën.

6. Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

7. Die seuns van Semája was Otni en Réfael en Obed, Élsabad; sy broers, flukse manne: Elíhu en Semágja.

8. Hulle almal was uit die seuns van Obed-Edom, hulle en hul seuns en hul broers, flukse manne, bekwaam vir die diens; twee-en-sestig van Obed-Edom.

9. Meselémja het ook seuns en broers gehad, flukse manne, agttien.

10. En Hosa, uit die seuns van Merári, het seuns gehad: Simri was die hoof; wel was hy nie die eersgeborene nie, maar sy vader het hom as hoof aangestel.

11. Hilkía was die tweede, Tebálja die derde, Sagaría die vierde; al die seuns en broers van Hosa was dertien.

12. Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die Here.

13. En hulle het die lot gewerp, klein en groot, volgens hulle families vir elke poort.

14. En die lot vir die ooste het op Selémja geval; ook vir sy seun Sagaría, wat ’n verstandige raadgewer was, het hulle die lot gewerp; en sy lot het uitgekom vir die noorde;

15. op Obed-Edom vir die suide; en op sy seuns vir die huis van die voorrade;

16. op Suppim en op Hosa vir die weste by die poort Salléget aan die grootpad wat opdraand loop, wag naas wag.

17. Vir die ooste was ses Leviete; vir die noorde daagliks vier; vir die suide daagliks vier; maar by die huis van die voorrade telkens twee.

18. By die aanbousel, vir die weste, was vier aan die grootpad, twee by die aanbousel.

19. Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26