Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:19-30 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Dit was die afdelings van die poortwagters van die seuns van die Koragiete en van die seuns van Merári.

20. EN die Leviete, hulle broers, oor die skatte van die huis van God en oor die skatte van die heilige gawes was:

21. die seuns van Láedan, die seuns van die Gersoniet Láedan, die familiehoofde van Láedan, die Gersoniet: Jehiëli;

22. die seuns van Jehiëli: Setam en Joël, sy broer, was oor die skatte van die huis van die Here.

23. Wat die Amramiete, die Jishariete, die Hebroniete, die Ussiëliete betref,

24. Sébuel, die seun van Gersom, die seun van Moses, was owerste oor die skatte.

25. En wat sy broers, van Eliëser afkomstig, betref, sy seun was Rehábja, en sy seun Jesaja, en sy seun Joram, en sy seun Sigri, en sy seun Selómot.

26. Hierdie Selómot en sy broers was oor al die skatte van die heilige gawes wat koning Dawid en die familiehoofde, en die owerstes oor duisend en oor honderd en die leërowerstes, geheilig het —

27. van die oorloë en van die buit het hulle dit geheilig om die huis van die Here daarmee uit te rus —

28. ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja — wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.

29. VAN die Jishariete was Kenánja en sy seuns opsigters en regters oor Israel vir die uitwendige sake;

30. van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend-sewehonderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die Here en vir die diens van die koning.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26