Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 24:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Ábjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Ítamar.

7. En die eerste lot het uitgekom vir Jójarib, die tweede vir Jedája,

8. die derde vir Harim, die vierde vir Seórim,

9. die vyfde vir Malkía, die sesde vir Míjamin,

10. die sewende vir Hakkos, die agtste vir Abía,

11. die negende vir Jésua, die tiende vir Segánja,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 24