Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Dawid oud en afgeleef was, het hy sy seun Salomo koning oor Israel gemaak.

2. En hy het al die vorste van Israel en die priesters en die Leviete bymekaar laat kom.

3. En die Leviete is getel, van dertig jaar oud en daarbo, en hulle getal was, hoof vir hoof, agt-en-dertigduisend man.

4. Van hulle moet vier-en-twintigduisend toesig hou oor die werk in die huis van die Here en sesduisend opsigters en regters wees;

5. en vierduisend poortwagters en vierduisend lofsangers tot eer van die Here met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.

6. En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23