Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:8-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.

9. En die Here het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:

10. Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die Here: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.

11. Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die Here: Kies vir jou

12. òf drie jaar lank hongersnood, òf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, òf drie dae lank die swaard van die Here, naamlik pes in die land deurdat die engel van die Here verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.

13. Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die Here val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.

14. En die Here het ’n pes onder Israel beskik, en van Israel het daar sewentigduisend man geval.

15. En God het ’n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die Here dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die Here het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.

16. Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die Here staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21