Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:1-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.

2. En Dawid het aan Joab en die owerstes van die volk gesê: Gaan tel Israel van Berséba tot Dan, en bring vir my berig, dat ek hulle getal kan weet.

3. En Joab sê: Mag die Here by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?

4. Maar die woord van die koning het die oorhand gehad oor Joab, en Joab het uitgetrek en die hele Israel deurgetrek en in Jerusalem aangekom.

5. En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en Juda vierhonderd-en-sewentigduisend man wat die swaard uittrek.

6. Maar Levi en Benjamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Joab ’n gruwel.

7. En hierdie saak was verkeerd in die oë van God; daarom het Hy Israel swaar getref.

8. Toe sê Dawid tot God: Ek het swaar gesondig, dat ek hierdie ding gedoen het; maar vergeef tog nou die skuld van u kneg, want ek het my baie besondig.

9. En die Here het met Gad, die siener van Dawid, gespreek en gesê:

10. Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die Here: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.

11. Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: So spreek die Here: Kies vir jou

12. òf drie jaar lank hongersnood, òf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, òf drie dae lank die swaard van die Here, naamlik pes in die land deurdat die engel van die Here verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21