Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 2:21-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

21. Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.

22. En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie-en-twintig stede in die land Gílead gehad.

23. En Gesur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.

24. En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.

25. En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.

26. Jerágmeël het nog ’n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.

27. En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.

28. En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 2