Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en messelaars en skrynwerkers om vir hom ’n huis te bou.

2. So het Dawid dan gewaargeword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.

3. En Dawid het in Jerusalem nog meer vroue geneem, en Dawid het die vader van nog meer seuns en dogters geword.

4. En dit is die name van die kinders wat hy in Jerusalem gehad het: Sámmua en Sobab, Natan en Salomo

5. en Jibhar en Elisúa en Elpélet

6. en Noga en Nefeg en Jáfia

7. en Elisáma en Beëljada en Elifélet.

8. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor die hele Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid dit hoor, het hy teen hulle uitgetrek.

9. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14