Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:36-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

36. en van Aser wat op kommando moet uittrek om hulle in slagorde op te stel, veertigduisend;

37. en van oorkant die Jordaan af, van die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse, honderd-en-twintigduisend met allerhande wapens vir krygsdiens.

38. Al hierdie krygsmanne het, in slagorde aaneengesluit, met ’n onverdeelde hart na Hebron gekom om Dawid koning te maak oor die hele Israel; en ook al die orige Israeliete was een van hart om Dawid koning te maak.

39. En hulle het daar saam met Dawid drie dae lank geëet en gedrink, want hulle broers het dit vir hulle berei.

40. En selfs hulle nabestaandes tot by Íssaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12