Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11:23-39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. Hy het ook ’n Egiptenaar verslaan, ’n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was ’n spies soos ’n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met ’n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

24. Dit het Benája, die seun van Jójada, gedoen; en hy het ’n naam gehad onder die drie helde.

25. Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

26. En die dapper helde was: Ásahel, die broer van Joab, Élhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

27. Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;

28. Ira, die seun van Ikkes, die Tekoïet; Abiëser, die Anatotiet;

29. Síbbegai, die Husatiet; Ílai, die Ahohiet;

30. Máharai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;

31. Ítai, die seun van Ríbai, uit Gíbea van die kinders van Benjamin; Benája, die Pireatoniet;

32. Húrai, uit Nahale-Gaäs, Abíël, die Arabatiet;

33. Asmáwet, die Baharumiet; Éljagba, die Saälboniet.

34. Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jónatan, die seun van Sage, die Harariet;

35. Ahíam, die seun van Sagar, die Harariet; Elífal, die seun van Ur;

36. Hefer, die Megeratiet; Ahía, die Peloniet;

37. Hesro, die Karmeliet; Náärai, die seun van Ésbai;

38. Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;

39. Selek, die Ammoniet; Nágrai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Serúja;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 11