Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:43-47 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

43. En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar ’n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;

44. en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.

45. En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.

46. En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.

47. En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1