Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:36-50 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

36. Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Ámalek.

37. Die seuns van Réhuel was: Nahat, Serag, Samma en Missa.

38. En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan.

39. En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna.

40. Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana.

41. Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.

42. Die seuns van Eser was: Bilhan en Saäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.

43. En dit is die konings wat in die land Edom geregeer het voordat daar ’n koning oor die kinders van Israel geregeer het: Bela, die seun van Beor; en die naam van sy stad was Dinhába;

44. en Bela het gesterwe, en in sy plek het geregeer Jobab, die seun van Serag, uit Bosra.

45. En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer.

46. En Husam het gesterwe, en Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete in die veld van Moab verslaan het, het in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Awit.

47. En Hadad het gesterwe, en Samla uit Másreka het in sy plek geregeer.

48. En Samla het gesterwe, en Saul uit Réhobot, aan die rivier, het in sy plek geregeer.

49. En Saul het gesterwe, en Baäl-Hánan, die seun van Akbor, het in sy plek geregeer.

50. Nadat Baäl-Hánan gesterf het, het Hadad in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahi; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1