Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:29-38 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En aan al die mure van die huis rondom, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny.

30. En die vloer van die huis, van die binneste en die buitenste vertrek, het hy met goud oorgetrek.

31. En as ingang van die binneste vertrek het hy deure van oliewenhout gemaak; die uitspringende raamwerk van die deurposte het die vorm van ’n vyfhoek gehad.

32. En die twee deurvleuels was van oliewenhout, en daarop het hy figure van gérubs en palmbome en oop blomknoppe laat uitsny en dit met goud oorgetrek, en die goud op die gérubs en op die palmbome ingeslaan.

33. En net so het hy vir die ingang van die hoofvertrek gemaak: deurposte van oliewenhout, vierkantig;

34. en twee deurvleuels van sipreshout: die een vleuel van twee draaibare helftes en die ander vleuel van twee draaibare helftes.

35. En hy het daarop gérubs en palmbome en oop blomknoppe uitgesny, en met goud, dun oor die snywerk uitgeslaan, oorgetrek.

36. Verder het hy die binneste voorhof gebou van drie lae gekapte klip en een laag sederbalke.

37. In die vierde jaar is die fondament van die huis van die Here gelê, in die maand Sif,

38. en in die elfde jaar, in die maand Bul — dit is die agtste maand — was die huis voltooi in al sy dele en volgens al sy vereistes, sodat hy sewe jaar daaraan gebou het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6