Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. So het hy dan ’n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die Here daar neer te sit.

20. En die binneste vertrek was twintig el in lengte en twintig el in breedte en twintig el in sy hoogte, en hy het dit oorgetrek met fyn goud; en die altaar het hy met sederhout bedek.

21. Verder het Salomo die huis van binne met fyn goud oorgetrek, en hy het ’n afsluiting met goue kettings gemaak voor die binneste vertrek, wat hy met goud oorgetrek het.

22. En die hele huis het hy met goud oorgetrek, totdat die hele huis daarmee bedek was; en die hele altaar wat by die binneste vertrek behoort, het hy met goud oorgetrek.

23. Verder het hy in die binneste vertrek twee gérubs gemaak van oliewenhout, tien el hoog.

24. En vyf el was die een vlerk van die gérub, en vyf el was die ander vlerk van die gérub: tien el van die een punt van sy vlerke tot by die ander punt daarvan.

25. En tien el die tweede gérub: altwee die gérubs het een maat en een gestalte gehad.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6