Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En die Here het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het ’n verbond gesluit.

13. Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.

14. En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.

15. Salomo het ook sewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,

16. behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17. En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te lê.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5