Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:7-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Verder het Salomo oor die hele Israel twaalf bestuurders gehad wat die koning en sy paleis onderhou het; elkeen het ’n maand in die jaar die onderhoud op hom gehad.

8. En dit is hulle name: Ben-Hur op die gebergte van Efraim;

9. Ben-Deker in Makas en in Saälbim en Bet-Semes en Elon-Bet-Hanan;

10. Ben-Hesed in Arúbbot; hy het Sogo en die hele land Hefer gehad;

11. Ben-Abinádab, die hele hoëveld van Dor; hy het Tafat, die dogter van Salomo, as vrou gehad.

12. Báäna, die seun van Ahílud, het gehad: Táänag en Megíddo en die hele Bet-Sean wat langs Sartan onderkant Jísreël lê, van Bet-Sean af tot by Abel-Mehóla, tot verby Jókmeam.

13. Ben-Geber was in Ramot in Gílead; hy het die dorpe van Jaïr, die seun van Manasse, gehad wat in Gílead lê; hy het die landstreek Argob gehad wat in Basan lê: sestig groot stede met mure en kopergrendels.

14. Ahínadab, die seun van Iddo, was in Mahanáim.

15. Ahímaäs in Náftali; hy het ook ’n dogter van Salomo, Basmat, as vrou geneem.

16. Báäna, die seun van Húsai, was in Aser en in Alot;

17. Jósafat, die seun van Parúag, in Íssaskar;

18. Símeï, die seun van Ela, in Benjamin;

19. Geber, die seun van Uri, in die land Gílead, die land van Sihon, die koning van die Amoriete, en van Og, die koning van Basan; en hy was die enigste bestuurder in die land.

20. Juda en Israel was talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte; hulle het geëet en gedrink en was bly.

21. Verder was Salomo heerser oor al die koninkryke van die Eufraat af tot by die land van die Filistyne, en tot by die grens van Egipte; hulle het belasting aangebring en Salomo gedien al die dae van sy lewe.

22. En Salomo se voedsel vir een dag was dertig kor fynmeel en sestig kor meel;

23. tien vetgemaakte beeste en twintig veldbeeste en honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke en gemsbokke en gestippelde takbokke en vetgemaakte ganse.

24. Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom;

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4